Willem III van Engeland

Willem III & II
Prins van Oranje
Koning van Engeland, Ierland en Skotland
Willem III deur sir Godfrey Kneller.
Willem III deur sir Godfrey Kneller.
Titel Prins van Oranje
Regeer 14 November 16508 Maart 1702
Voorganger Willem II
Opvolger Johan Willem Friso
Titel Koning van Engeland, Ierland en Skotland
Regeer 13 Februarie 16898 Maart 1702
Voorganger Jakobus VII & II
Opvolger Anna
Mede-monarg Maria II
Vrou Maria II
Huis Oranje-Nassau
Vader Willem II
Moeder Maria
Gebore 14 November 1650; Den Haag
Oorlede 8 Maart 1702, Londen

Willem III (14 November 16508 Maart 1702) was ’n soewereine Prins van Oranje van geboorte. Vanaf 1672 het hy as stadhouer Willem III van Oranje oor Holland, Zeeland, Utrecht, Gelderland en Overijssel van die Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande regeer. Hy het vanaf 1689 as Willem III oor Engeland en Ierland regeer en as Willem II oor Skotland.[1] Willem was van die Huis van Oranje-Nassau en het die Engelse, Ierse en Skotse troon bestyg ná die Glorieryke Rewolusie, waarin sy oom en skoonpa Jakobus II afgesit is. Hy het in dié lande saam met sy vrou, Maria II, regeer tot met haar dood op 28 Desember 1694.

Willem was ’n Protestant en het aan verskeie oorloë teen die magtige Katolieke koning van Frankryk, Lodewyk XIV deelgeneem in koalisie met Protestantse en Katolieke magte in Europa. Baie Protestante het hom beskou as die voorvegter van hul geloof. Dit was grootliks danksy hierdie aansien dat Willem die Britse trone kon oorneem te midde van ’n vrees vir ’n herlewing van Katolisisme onder Jakobus. Sy bewind was die begin van die oorgang van die persoonlike regering van die Stuarts na die meer parlement-gesentreerde regering van die Huis van Hannover.

  1. "Act of Union 1707, the Revolution in Scotland" (in Engels). UK Parliament. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2010. Besoek op 8 Augustus 2008.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search